Benito Mussolini

Benito Mussolini
Benito Mussolini

Regeringshoof van Italië en Duce van Fascisme
Ampstermyn
24 Desember 1925 – 25 Julie 1943
Monarg Victor Emmanuel III
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Amp afgeskaf

27ste Eerste Minister van Italië
Ampstermyn
31 Oktober 1922 – 25 Julie 1943
Monarg Victor Emmanuel III
Voorafgegaan deur Luigi Facta
Opgevolg deur Pietro Badoglio

Duce van die Italiaanse Sosiale Republiek
Ampstermyn
23 September 1943 – 25 April 1945
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Amp afgeskaf

Eerste Maarskalk van die Ryk
Ampstermyn
30 Maart 1938 – 25 Julie 1943
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Amp afgeskaf

Persoonlike besonderhede
Gebore 29 Julie 1883
Predappio, Forlì, Italië
Sterf 28 April 1945
Giulino, Como, Italië
Politieke party Republikeinse Fascistiese Party (1943-1945)
Nasionale Fascistiese Party (1921-1943)
Italiaanse Fasci van die geveg (1919-1921)
Fasci revolusionêre Aksie (1914-1919)
Outonome Fasci Rewolusionêre Aksie (1914)
Italiaanse Sosialistiese Party (1901-1914)
Eggenoot/-note Rachele Mussolini
Kind(ers) 6
Religie Geen (Ateïsme)
Handtekening

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Italië Italië
Vlag van Italië Italië
Diens/Tak Koninklike Italiaanse weermag
Jare in diens 1915–1917
Rang Eerste Maarskalk van die Ryk
Korporaal
Eenheid 11de Bersaglieri Regiment
Oorloë/Veldslae Eerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog

Benito Amilcare Andrea Mussolini (29 Julie 1883 - 28 April 1945) het Italië regeer as 'n diktator vanaf 1922 tot 1943. Hy was die stigter van 'n anti-demokratiese, fascistiese staat deur gebruik te maak van propaganda; deur die totale beheer van die media, het hy die bestaande demokratiese regeringstelsel afgebreek. Anders as die Nasionaal-Sosialistiese bewind in die Duitse Ryk het Mussolini 'n bloeiende kunslewe bevorder. Ook was Italië die eerste diktatoriale staat in Europa wat ná die Eerste Wêreldoorlog 'n grootskaalse program van stadsbeplanning geloods en nuwe argitektoniese visies verwesenlik het waarin ook modernisme 'n belangrike rol sou speel.[1]

Italië het in 1870 'n eenheidstaat met 'n parlementêre demokrasie geword. Die politieke stelsel was nie net jonk nie, maar ook vol swakhede; die bestaande partye het probleme ondervind om regeringskoalisies te vorm sodat 'n parlementêre meerderheid verkry kon word. Dit het gelei tot uitgebreide korrupsie, wat die aansien van die demokrasie in die oë van die bevolking geskaad het.

Die onderskeie regerings het min aandag gegee aan die oplossing van die binnelandse sosiaal-ekonomiese probleme, wat veral ná 1918 vererger het. Dit het die sosiale onrus laat toeneem en 'n vrees vir 'n Bolsjewistiese revolusie by die gevestigde burgery laat ontstaan. Mussolini se optrede het by talle mense die hoop laat ontstaan dat hy die oorsake van hul ontevredenheid en angs uit die weg sou kon ruim. In die vestiging van sy Fascistiese staat het Mussolini hierdie verwagtinge tot sy voordeel aangewend.

  1. Daniela Spiegel: Die Città Nuove des Agro Pontino im Rahmen der faschistischen Staatsarchitektur. Berliner Beiträge zur Bauforschung und Denkmalpflege. Berlin: Michael Imhof Verlag 2010

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search